Sondag 09:00 · Horison, Roodepoort
Saam in die Hande van God.
Ons glo dat n almagtige God alles geskep het en my in hierdie wêreld plaas om Sy gestuurde te wees. Jesus het my kom wys hoe om in n lewende verhouding met God te leef. Ek is op reis om meer soos Jesus te word deur die Heilige Gees wat my lei. Ek soek daagliks om meer soos Jesus te wees.
Sluit Sondag by ons aan
Ons is elkeen gretig om meer van Jesus te leer en Hom na te volg. Al ons gemeente aktiwiteite fokus hierop. Hier is plek vir elke behoefte, of jy soekende is met vrae of reeds in n diep verhouding met God leef - Hier sal jy n tuiste vind.
Sien ons program
Bid saam (Gebedsbediening) Dien saam (Vrouediens en Eiendomskommissie) Groei saam (Erediens- en Jeugbediening en Bybelstudie) Versorg saam (Diens van Barmhartigheid, Gemeentebediening en Finansies)
Raak betrokkeGerhard se kort stukkies — 'n dagstukkie, 'n video, of 'n gedagte vir die week.
Die mense agter NG Gemeente Horison.

Ek het die voorreg om jou gemaklik te laat inskakel by ons gemeente deur al jou administratiewe behoeftes te versorg. Daarmee saam kry ek die geleentheid om jou in lof en aanbidding in ons eredienste te lei. Kom skakel in, jy sal nooit spyt wees nie.

Ek wil jou in staat stel om ongehinderd jou verhouding met God te beleef en te laat groei deur te kyk na die eiendomme en aktiwiteite van ons gemeente. Kom ontdek saam met ons na God se hart vir elkeen van ons.
My grootste wens is om naby aan die Here te leef en deur dit jou te help om jou eie reis met God te kom ondersoek. Saam groei ons om meer soos Jesus te wees en om Hom te volg waar Hy ons ook al mag lei.

Dit is my voorreg om die fondse waarmee die Here ons vertrou na die beste van ons vermoë so in te span dat God al die eer kry en Sy Naam verheerlik word.

Ek lei die voorsang en sorg vir jou kerkbelewenis deur die klank in die kerk so te hanteer dat jy voluit kan fokus om jou verhouding met God te laat groei.

Ek help oral waar ek kan om jou tuis te laat voel sodat jy ook jou deel kan doen om God se koninkryk uit te brei.
Die jaarlikse kerkbasaar is een van ons hoogtepunte — braai, pannekoek, kerrie en rys, kuns en kuier.
Vind ons vorige preke hier. Die nuutste preek hier onder — en al die vorige preke is enige tyd op ons YouTube-kanaal beskikbaar.
Weeklikse nuus en aankondigings van die gemeente. Die nuutste verskyn eerste — ouer aankondigings is netjies in die argief hieronder.
Almal is van harte welkom — of jy nuut is of 'n ou vriend.